Black Rock

Die plek waar ek n gedeelte van my jeug jare spandeer het is n myndorp met die naam, Black Rock. Toe ons die eertse keer daar heen trek was daar n volle 6 huise op die dorp.

Black Rock is n Mangaan myn net noord van Hotazel. Waar ek dan ook n jaar van my lewe spandeer het heelwat later.

My mymering oor Black Rock gaan vandag oor die hitte , die droogte en die sand. Die dorpie is gelee in die Kahari en daar is nie baie reen en en of groen goed nie. Ons het in n klein Prevab (asbes) huisie gebly op die punt van die dorp. Geen teerstrate en geen winkels. Later het hul n Frasers gebou wa net die basiese produkte verkoop het.

Maar as kinders het ons Vryheid gehad. Ons het n hele veld gehad wat ons kon verken en in speel. Wat ons ook gedoen het. Die kinders van die naby gelee plaas het in tyd ook ons enigste maats geword. saam voels met windbukse gejag. Later die voels tarentale geraak. Maar gelukkig was ons te jonk om enige blywende skade opdie natuur te laat.

Daar was geen tv en di e telefone was nog plaas lyne waar die hele dorp en di omliggende plase almal op dieselde lyn was. ons luitoon was 2 kortes en een lange , geen afleidingvir ons as kinders ons was aangewese op ons self vir ontspanning. Radio en boeke was ons enigste alternatief.

Een van die hoogtepunte was as die Groente trok op Donderdae gekom het om vars groente te kom smous. Ons het altyd as ons hom sien agter hom aangehardloop en soms het hy ons toegelaat om op die trok saam hom te ry en dan hom dop te hou soos hy smous. Soos seker in menige winkels in Suid Afrika was die ook n Indier.

Ons het Eskimo pies (vanilla roomys met sjokolade om) gekoop Ysies in plastiek en waatlemoene .My ma was baie lief vir vars groenboontjies en altyd as die trokweg is was dit dan wat ons geeet het. Groenboontjies met aartappels botter en n skaap stertjie vir smaak en vet. Sy het dan saam dit haar gerasperde beetslaai bedien. Dit was so lekker om die sous van die beetslaai wat eintlik maar net asyn was te meng metdie greonboontjies en dit so te eet. Vars groente soos n mens seker kan aflei was nie hoog op ons agenda nie. MY ouers het egter oral waar ons gekom het 2 tipe bome geplant, geelperske en appelkoos.

Een van my blywende gedagtes is die van die aand klok reel. Dit is n sirene wat 8 of 9 uur in die aand afgegaan het waarna alle swart mense verbode was in die wit woongebeid. In total was daar seker 20 witmense en 500 swart mans wat opgekluister gebly het in die Hostel. Almal iewers uit die “tuislande” om te kom werk op die myne.

Soos die tyd aangestap het is n Klub (glorified kroeg) opgerig waar die mense sosiaal kon verkeer.

Ek probeer die week vir my dogters die prentjie skets van hoe ek grootgeword het, en ek word vas gevang in n nostalgie van isolasie en eenvoud. Ja die wereld was anders , mense het ander problem gehad en as ek na foto’s van my pa kyk op dieselfde ouderdom as wat ek was, lyk hy moeg afgerem en oor de muur.

Ons lewe het verander meer kompleks meer gemak. Dit het ons en ons kinders sag gemaak. die Chinese het n term vir dit. Alle kinders wat na 1980 gebore is word die “strawberry children” genome. Hulle is soos aarbeie. sag en kneus maklik. Kan nie hard werk nie en soek alles wat hul wil he sonder om daarvoor te werk..

Met die gebeure in Parys Frankryk vars in my gemoed sien ek die einde van n stelsel, die einde van westerse blanke superioritei. Dit gaan nog n paar generasies vat maar die einde is daar. in sig op die horison.

Ek het n hunkering na die eenvoud van die laat 60’s en vroee 70’s waar alles duidelik was, die vyand bekend was. Dit gaan nooit my kinders beskore wees.

En dis goed die vooroordele en religieuse dogma was drukkend en oorweldigend.

Maar die een ding wat n mens kan se is dat niks net sleg is nie. In elke sonsondergang is die potensiaal vir n nuwe sonsopkoms.  .

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s